Beginselverklaring (Afrikaans)

Die Nederlandse Sentrum vir Diaspora (NCD) is ‘n onafhanklike, nie-regeringsorganisasie wat streef na ‘n barmhartige opvang van persone wat behoort tot die Nederlandse diaspora. Versoepelde toelatingsvereistes tot Nederland sou met name moet geld vir groepe wie se bestaan bedreig word, soos die Afrikaners in Suid-Afrika. Die NCD wil veral diegene wat na Nederland (wil) terugkeer bystaan, onder meer in terme van integrasie in die Nederlandse samelewing.

Nood onder Afrikaners
Afrikaners woon al meer as 350 jaar in Suid-Afrika, maar is in terme van hul historiese, kulturele en liguistiese agtergrond verwant aan Nederlanders. In 1990 is die verfoeide sisteem van apartheid afgeskaf. Die pogings van die ANC om in die jare daarna enige rassediskriminasie teen swartes te bestry, het gevolglik gelei tot rassediskriminasie teen blankes (Johnson, 2016). Huidiglik woon daar nog drie miljoen Afrikaners in Suid-Afrika, maar hul vooruitsigte lyk somber. Baie van hulle wil nie sit en hierdie onsekere toekoms afwag nie, maar eerder emigreer na die buiteland. Ondanks bande tussen die twee volke, hou Nederland haar deure geslote vir Afrikaners. Die NCD wild it verander.

Eerstens word die Afrikaner gekonfronteer met ‘n diep korrupte regering wat tallose rassewetgewings deurgevoer het. So word data teen blankes in beide die publieke en private sector gediskrimineer; huidiglik is daar 117 ras-wette in werking wat hierdie groep veral ekonomies benadeel (Roos 2015, p. 489). Op die oomblik leef daar in Suid-Afrika meer as 400 000 Afrikaners onder die armoedegrens, in honderde plakkerskampe verspreid oor die land (Burrows, 2016).

Die grootste bedreiging vir Afrikaners is egter moorde. Volgens die nie-regeringsorganisasie Genocide Watch bevind Suid-Afrika homself reeds in fase ses van ‘n naderende volksmoord, met Afrikaners as die vernaamste slagoffers (Gelerntner, 2015)- fase agt dui ‘n volskaelse volksmoord aan. As voorbeeld dien plaasmoorde, aanvalle op Afrikaner boere wat dikwels met afskuwelike geweld gepaard gaan. Slagoffers word dikwels verkrag en gemartel voor hul vermoor word. Selfs kinders word slagoffers van hierdie afgryslike dade. Die feit dat daar dikwels byna geen diefstal plaasvind tydens hierdie aanvalle nie, dui veral daarop dat aanvallers nie uit ekonomiese motiewe optree nie, maar juis uit haatgevoelens wat teenoor Afrikaners gekoester word. Hierdie ontwikkeling is egter nie vreemd nie, aangesien president Jacob Zuma self die haat aanblaas deur haatslagspreuke soos “Kill the boer, kill the farmer, we are gong to shoot them with machine guns” in die openbaar kwyt te raak (Genocide Watch, 2013)

Duisende Afrikaners is al by plaasaanvalle vermoor (Ahlert, 2013). Om ‘n boer te wees is die mees gevaarlike beroep in die hedendaagse Suid-Afrika (Laing, 2015). Menseregte organisasies soos AfriForum en UNPO pleit al jare dat meer aandag geskenk word aan die probleem, maar hul noodkrete val grootliks op dowe ore. In 2015 begin die Brazilliaan Rodrigo Herhaus de Campos ‘n petisie om Afrikaners toe te laat om na Europa terug te keer, gebaseer op die “Wet op Terugkeer” uit Israel. Die petisie het tienduisende handtekeninge ontvang en is voorgelê aan die Europese Komissie. Die inisiatief het egter ‘n stille dood gesterf.

NCD veg vir die regte van die Afrikaner, wat deur ons Nederlanders as ‘n broedervolk beskou word. Al vir dekades lank was Nederland barmhartig in terme van die opvang van vlugtelinge en asielsoekers uit alle hoeke van die wêreld. Nietemin laat ons egter die Afrikaners in die steek.

Dit kan anders. Kyk byvoorbeeld na die bogenoemde voorbeeld van Israël, maar ook Duitsland het ‘n wet, die Bundesvertriebenengesetz, gebaseer op die ius sanguinis-beginsel (d.w.s. afstammingsbeginsel) wat dit moontlik maak vir verdewe Duitsers en hul nakomelinge om hul in Duitsland te vestig (Bundesvertriebenengesetz, 2016). Om aan die aan ons verwante Afrikaners ‘n veilige hawe onder ons volk te bied , moet Nederlandse politici oortuig word om hierdie beginsel ook in Nederland breër toe te pas.

Soos vroeër genoem is daar sterk historiese, kulturele en linguistieke ooreenkomste tussen Nederlanders en Afrikaners. Baie van hulle sal na net een generasie volledig opgaan in die Nederlandse volk. As Nederland sy kant wil bring in terme van die opvang van asielsoekers, sou Afrikaners vanuit die integrasie-oogpunt die mees geskikte groep wees.

Die wettige immigrasie van Afrikaners bied ook voordele. Hul vorm immers die ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie, en is selfstandig asook ondernemend ingestel (Reuters, 2012). Hul expertise en deursettingsvermoë sou die Nederlandse ekonomie kon verryk deur hul innoverende bydraes.

Waarna streef die NCD?
– Veiligheid vir die Afrikaners deur ‘n barmhartige opvang in Nederland te bied.
– Versoepelde toelatingsvereistes vir stamgenote uit die diaspora.
– Steun vir Afrikaners wat na Nederland kom, met name in terme van die verkryging van woonplek en  werk.

Hoe wil die NCD hierdie doelwitte bereik?
– NCD sal die lot van Afrikaners onder die aandag van die algemene publiek bring via tradisionele asook nuwe media.
– NCD streef om die Nederlandse politiek te beïnvloed as ‘n lobby-groep.
– NCD wil die band tussen Nederlanders en die Afrikanergemeenskap versterk deur middel van voorligting en byeenkomste.

Bibliografie
Ahlert, A. (2013, Maart 10). The Gruesome Reality of Racist South Africa. Herwin November 25, 2016, van Front Page Mag: http://www.frontpagemag.com/fpm/180781/gruesome-reality-racist-south-africa-arnold-ahlert

Roos, M. (2015). Constitutioneel Hof van Zuid-Afrika. Johannesburg: Bibliotheca Africana Formicae.

Bundesministerium der Justiz und für Verbraucherschutz (2015, November 2015). Gesetz über die Angelegenheiten der Vertriebenen und Flüchtlinge (Bundesvertriebenengesetz – BVFG). Herwin 28 November 2016, van Gesetze im Internet: http://www.gesetze-im-internet.de/bvfg/index.html

Burrows, T. (2016, Februarie 24). The ‘WHITE squatter camps’ of South Africa: Shanty towns built after the fall of Apartheid are now home to hundreds of families. Herwin 24 November, 2016, van Daily Mail: http://www.dailymail.co.uk/news/article-3462336/The-white-squatter-camps-South-Africa-home-hundreds-families-enduring-terrible-poverty-blame-fall-Apartheid.html

Gelernter, J. (2015, Februarie 7). White South Africans are in grave danger; there may be a solution. Herwin November 25, 2016, van National Review: http://www.nationalreview.com/article/398136/end-south-africa-josh-gelernter

Genocide Watch. (2013, Oktober 14). South Africa. Herwin November 25, 2016, van Genocide Watch: http://www.genocidewatch.org/southafrica.html

Johnson, R.W. (2016, December 26). RW Johnson: Why Zuma’s ANC turning to racism, fuelling anti-white rhetoric. Herwin December 26, 2016, van BizNews: http://www.biznews.com/thought-leaders/2016/12/26/rw-johnson-why-zumas-anc-turning-to-racism-fuelling-anti-white-rhetoric/

Laing, A. (2015, Januarie 16). Farm work is South Africa’s ‘most dangerous occupation’. Herwin November 25, 2016, van Telegraph: http://www.telegraph.co.uk/news/worldnews/africaandindianocean/southafrica/11351055/Farm-work-is-South-Africas-most-dangerous-occupation.html

Reuters. (2012, Junie 28). Whites ‘control most of economy’ in South Africa. Herwin November 25, 2016, van Independent: http://www.independent.co.uk/news/world/africa/whites-control-most-of-economy-in-south-africa-7893592.html

UNPO. (2015, Februarie 11). Afrikaner. Herwin November 24, 2016, van Unrepresented Nations and Peoples Organization: http://unpo.org/members/8148